1 Kings 21:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die manne van sy stad, die oudstes en die edeles wat die inwoners van sy stad was, het gedoen soos Isébel aan hulle gestuur het, en soos geskrywe was in die briewe wat sy aan hulle gestuur het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oudstes en leiers het toe so gemaak soos Isebel in die brief geskryf het wat sy vir hulle gestuur het.
Afrikaans 1933/1953 Die manne van sy stad, die oudstes en die edeles wat in sy stad gewoon het, maak toe soos Is,bel hulle laat weet het, soos geskrywe was in die briewe wat sy aan hulle gestuur het.
Afrikaans 1983 Die leiers en die ampsdraers in Nabot se stad het toe gedoen soos Isebel hulle beveel het in die briewe wat sy aan hulle gestuur het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manne van sy dorp, die oudstes en hoëlui wat in sy dorp gewoon het, het toe opgetree ooreenkomstig die boodskap wat Isebel vir hulle gestuur het, net soos geskryf is in die briewe wat sy vir hulle gestuur het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die leiers en die amptenare wat saam met Nabot in sy stad gewoon het, het gedoen wat Isebel vir hulle geskryf het in die briewe wat sy vir hulle gestuur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jisreël se leiers het gedoen wat Isebel beveel het.