1 Kings 20:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het hy aan die boodskappers van Bénhadad gesê: Sê vir my heer die koning: Alles wat u eers na u dienaar gestuur het, sal ek doen; maar hierdie ding mag ek nie doen nie. En die boodskappers het weggegaan en hom weer laat weet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Agab sê toe vir Ben-Hadad se boodskappers: “Sê vir my heer, die koning: ‘Ek sal vir u alles gee waarvoor u die eerste keer gevra het. Aan die laaste eis kan ek egter nie toegee nie.’” Die boodskappers het teruggegaan en die antwoord oorgedra. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het hy aan die boodskappers van B,nhadad gesê: Sê aan my heer die koning: Alles wat u die eerste keer u dienaar laat weet het, sal ek doen; maar hierdie ding kan ek nie doen nie. En die boodskappers het weggegaan en hom antwoord gebring. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Agab vir Ben-Hadad se boodskappers: “Sê vir sy majesteit die koning: Alles wat u die eerste keer geëis het, sal ek gee, maar aan hierdie nuwe eis kan ek nie toegee nie.” Die boodskappers het die antwoord vir Ben-Hadad gebring, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê toe vir die boodskappers van Ben-Hadad: “Sê vir my heer die koning, ‘Alles wat u aanvanklik vir u dienaar laat weet het, sal ek doen, maar aan hierdie eis kan ek nie voldoen nie.’ ” Die boodskappers het toe gegaan en die antwoord aan hom oorgedra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê die koning vir die boodskappers van Ben-Hadad: “Sê vir meneer die koning: Ek sal alles doen wat jy die eerste maal vir my gevra het, maar wat jy nou vra, kan ek nie doen nie.” Die boodskappers het vir Ben-Hadad gaan sê wat Agab sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agab het toe vir die boodskappers van Ben-Hadad gesê: “Sê vir die koning ek weier. Ek sal hom alles gee wat hy vra, maar hy gaan nie alles hier kom vat nie.” Die boodskappers is toe daar weg. |