1 Kings 20:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die koning van Israel al die oudstes van die land geroep en gesê: Merk tog, en kyk hoe hierdie man onheil soek, want hy het na my gestuur vir my vroue en my kinders en vir my silwer en vir my goud; en ek het hom nie verloën nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning van Israel roep toe al die leiers van die land bymekaar en sê: “Let op hoe hierdie man nou moeilikheid soek! Ek het reeds ingestem toe hy my vroue en kinders, my silwer en goud opgeëis het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe roep die koning van Israel al die oudstes van die land en sê: Let tog op en kyk hoe die man moeilikheid soek, want hy het na my gestuur om my vroue en my kinders en my silwer en my goud te laat haal, en ek het dit hom nie geweier nie. |
| Afrikaans 1983 | Die koning van Israel roep toe al die leiers van die land bymekaar, en sê: “Kyk nou net! Hierdie man soek moeilikheid. Toe hy my vrouens en kinders en my silwer en goud geëis het, het ek nie geweier nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning van Israel het toe al die oudstes van die land ontbied. Hy het vir hulle gesê: “Neem tog kennis hiervan, en sien in dat hierdie man moeilikheid soek; want hy het vir my 'n boodskap gestuur in verband met my vroue en my seuns, my silwer en my goud, en ek het hom dit nie geweier nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe roep die koning van Israel al die leiers van die land en hy sê vir hulle: “Julle moet hoor, julle moet dit weet. Hierdie man wil vir my probleme gee. Hy het vir my gevra dat ek my vroue en my seuns, my silwer en my goud vir hom moet gee, en ek het nie geweier nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agab was baie ontsteld hieroor. Hy het die land se leiers bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Ben-Hadad wil ons heeltemal vernietig. Eers het hy net die vroue en kinders sowel as die goud en silwer gevra. Ek het ingestem, maar nou het hy sy deuntjie verander. Nou wil hy alles kom vat.” |