1 Kings 20:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hom: So spreek die HERE: Omdat jy 'n man uit jou hand laat gaan het wat Ek aangestel het om met die dood te vernietig, daarom sal jou lewe vir sy lewe gaan, en jou volk vir sy volk.
Afrikaans (NLV) 2011 Die profeet sê vir hom: “Dit is wat die Here sê: ‘Jy het die lewe gespaar van die man wie se lewe Ek geëis het. Daarom sal jy in sy plek sterf en jou volk in die plek van sy volk.’”
Afrikaans 1933/1953 En hy sê vir hom: So spreek die HERE: Omdat jy die man wat deur my banvloek getref was, uit die hand laat gaan het, daarom sal jou siel in die plek van sy siel en jou volk in die plek van sy volk wees.
Afrikaans 1983 Hy sê toe vir die koning: “So sê die Here: Omdat jy die man wie se lewe Ek geëis het, vry laat weggaan het, sal jou lewe in die plek van sy lewe kom, en jou volk in die plek van sy volk.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir die koning: “So sê die Here, ‘Omdat jy die man op wie my banvloek rus, uit jou hand vrygelaat het, sal dit jou lewe in die plek van sy lewe wees, en jou volk in die plek van sy volk.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê die profeet vir die koning: “Die Here sê: Ek wou hê Ben-Hadad moet sterf, maar jy het hom vry laat weggaan. Daarom moet jy nou sterf in sy plek, en jou volk sal sterf in sy volk se plek.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die profeet het woedend vir Agab gesê: “Luister wat die Here vir jou sê: ‘Jy moes Ben-Hadad doodgemaak het. Maar toe het jy hom vandag vrygelaat. Jy was ongehoorsaam. Daarvoor sal jy met jou lewe betaal, en jou mense met hulle lewe.’”