1 Kings 20:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gehaas en die as van sy aangesig weggeneem; en die koning van Israel het hom onderskei dat hy van die profete was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe ruk die profeet die verband van sy oë af en die koning het hom as een van die profete herken. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop neem hy gou die verband van sy oë af weg en die koning van Israel herken hom, dat hy een van die profete was. |
| Afrikaans 1983 | Die profeet het die verband van sy oë afgeruk sodat die koning van Israel kon sien dat hy 'n profeet is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy haal toe vinnig die verband van sy oë af, en die koning van Israel herken hom as een van die profete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die profeet ruk toe vinnig die lap van sy oë af, en die koning van Israel sien dat hy een van die profete is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op daardie oomblik het die profeet die verband van sy kop afgeruk. Agab het gesien dat hy eintlik ’n profeet was. |