1 Kings 20:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl u dienaar hier en daar besig was, was hy weg. Toe sê die koning van Israel vir hom: So sal jou oordeel wees; U het dit self besluit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar terwyl ek met iets anders besig was, het die gevangene weggekom!” “Nou, dan is dit jou fout,” antwoord die koning van Israel. “Jy het die oordeel oor jouself gebring.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar onderwyl u dienaar hier en daar besig was, het hy verdwyn. Toe sê die koning van Israel vir hom: So is jou vonnis: jy het dit self bepaal. |
| Afrikaans 1983 | Maar ek was met ander dinge besig en toe ek kyk, is hy nie meer daar nie!” Die koning van Israel sê toe vir hom: “Jy het jou eie vonnis gevel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar terwyl u dienaar hier en daar met iets besig was, was hy net nie meer daar nie.” Die koning van Israel sê toe vir hom: “Presies dit is jou vonnis; jy het dit self bepaal.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek was besig met ander dinge en toe ek weer kyk, was die man nie meer daar nie.” Toe sê die koning van Israel vir die profeet: “Jy het self gesê wat met jou moet gebeur, jy is skuldig.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wel, terwyl ek besig was, het die gevangene ontsnap.” Agab het geïrriteerd geantwoord: “Jy het mos nou ’n vonnis oor jouself uitgespreek. Jy moet nou maar die gelag betaal.” |