1 Kings 20:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning van Israel het geantwoord en gesê: My heer, o koning, volgens u woord: Ek is joune en alles wat ek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dis goed so, my heer,” antwoord Agab terug. “Ek en alles wat ek besit, behoort aan u!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord die koning van Israel en sê: Volgens u woord, my heer die koning, ek is uwe met alles wat ek het! |
| Afrikaans 1983 | Die koning van Israel het geantwoord: “Dit is soos U Majesteit sê: Ek en alles wat myne is, behoort aan u.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning van Israel het daarop gereageer en gesê: “Dit is soos u sê, my heer die koning. Aan u behoort ek met alles wat myne is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Israel het geantwoord en gesê: “Goed, Meneer die koning, ek en alles wat ek het, is joune.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agab het hom geantwoord: “Dit is reg so, Meneer. Alles wat ek het, kan u kry.” |