1 Kings 20:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl die koning verbygaan, het hy die koning aangeroep, en hy het gesê: U dienaar het uitgetrek midde-in die geveg; en kyk, daar het 'n man omgedraai en 'n man na my gebring en gesê: Bewaar hierdie man;
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die koning verbykom, roep die profeet na hom en sê: “My heer, terwyl ek in die geveg was, bring iemand ’n gevangene na my toe. Hy het gesê: ‘Pas hierdie man op. As hy om enige rede ontsnap, sal jy vir hom moet instaan of ’n boete van 30 kilogram silwer betaal.’
Afrikaans 1933/1953 En terwyl die koning verbygaan, roep hy na die koning en sê: U dienaar het uitgetrek in die geveg; en daar kom iemand eenkant toe en bring 'n man na my en sê: Bewaak hierdie man; as hy ooit gemis word, sal jou lewe in die plek van sy lewe wees, of jy sal 'n talent silwer moet betaal.
Afrikaans 1983 Toe die koning daarlangs kom, het hy na die koning geroep en gesê: “Ek het oorlog toe gegaan. Daar het iemand 'n man na my toe gebring en gesê: ‘Pas hierdie man op! As hy ontsnap, kom jy in sy plek, of anders moet jy vier en dertig kilogram silwer betaal.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl die koning verbygaan, roep hy na die koning en sê: “U dienaar het opgetrek in die oorlog. Iemand tree toe skielik uit die gevegslinie, bring 'n man na my en sê, ‘Bewaak hierdie man! As hy enigsins vermis word, sal dit jou lewe vir sy lewe wees, of jy sal 'n kikkar silwer moet betaal.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die koning daar verbykom, skree die profeet en hy vra dat die koning hom moet help. Hy het gesê: “Ek het oorlog toe gegaan, en iemand het 'n man na my toe gebring en vir my gesê: ‘Jy moet hierdie man oppas. As hy vlug en wegkom, dan sal jy sterf in sy plek, of jy moet 'n talent silwer betaal.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Agab verbykom, het die profeet vir hom gesê: “U Majesteit, terwyl ek nog so teen Ben-Hadad geveg het, het een van u offisiere ’n gevangene na my toe gebring. Die offisier het gesê ek moet hom oppas en as hy sou wegkom, sal ek óf moet sterf óf ’n boete van ’n paar duisend stukke silwer moet betaal.