1 Kings 20:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het die profeet weggegaan en die koning langs die pad ingewag en hom met as op sy aangesig vermom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die profeet het ’n verband oor sy oë gedraai om homself te vermom en langs die pad die koning ingewag.
Afrikaans 1933/1953 Toe vertrek die profeet en gaan die koning op die pad voorstaan; daarby maak hy homself onkenbaar met 'n verband oor sy oë.
Afrikaans 1983 Die profeet het die koning by die pad gaan staan en inwag: die profeet was onherkenbaar, hy het 'n verband oor sy oë gehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het die profeet die koning op die pad gaan voorstaan. Hy het hom vermom met 'n verband oor sy oë.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe gaan die profeet en hy wag op die pad vir die koning. Die profeet het sy oë met 'n lap toegebind sodat mense nie kan weet wie hy is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die profeet het ’n groot verband om sy kop gedraai sodat niemand hom herken het nie. Toe het hy langs die pad gaan staan en vir Agab gewag om verby te kom.