1 Kings 20:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hy vir hom: Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister het nie, kyk, sodra jy van my af weggaan, sal 'n leeu jou doodmaak. En toe hy van hom weggegaan het, het 'n leeu hom gekry en hom doodgemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê die profeet vir hom: “Kyk, omdat jy ongehoorsaam was aan die woord van die Here sal ’n leeu jou doodmaak sodra jy van my af weggaan.” Toe hy weggaan, het ’n leeu hom dan ook teëgekom en hom verskeur.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê hy vir hom: Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister het nie, kyk, as jy van my af weggaan, sal 'n leeu jou doodmaak. En toe hy van hom af weggaan, het 'n leeu hom gekry en hom gedood.
Afrikaans 1983 Toe sê die profeet vir hom: “Jy was ongehoorsaam aan die opdrag van die Here, en daarom sal 'n leeu jou verskeur wanneer jy van my af weggaan.” Toe hy van hom af weggegaan het, het 'n leeu op hom afgekom en hom verskeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir hom: “Omdat jy nie na die stem van die Here geluister het nie, gaan 'n leeu jou aanval sodra jy van my af weggaan.” Toe hy van hom af weggaan, kry 'n leeu hom en val hom aan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê die profeet vir sy vriend: “Jy het nie gedoen wat die Here gesê het nie. Daarom, wanneer jy hier weggaan van my, dan sal 'n leeu jou vang.” En toe die vriend weggaan van die profeet, het 'n leeu hom gevang en hom doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarop sê die man vir sy vriend: “Jy het nou ’n verkeerde ding gedoen. Omdat jy nie na die Here geluister het nie, sal ’n leeu jou doodbyt.” Die vriend was skaars weg toe ’n leeu hom vang en verskeur.