1 Kings 20:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n sekere man uit die profete-seuns het in die woord van die HERE vir sy naaste gesê: Slaan my tog! En die man het geweier om hom te slaan.
Afrikaans (NLV) 2011 In opdrag van die Here het een profeet vir ’n ander een gesê: “Slaan my!” Maar die man het geweier om dit te doen.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het 'n sekere man uit die profete-seuns deur die woord van die HERE aan sy maat gesê: Slaan my tog! Maar die man het geweier om hom te slaan.
Afrikaans 1983 'n Profeet het in opdrag van die Here vir 'n vriend gesê: “Slaan my tog!” Maar hy het geweier om hom te slaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Sekere man van die profetegroep het deur die woord van die Here vir sy vriend gesê: “Slaan my asseblief!” Maar die man het geweier om hom te slaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van die profete het vir sy vriend gesê: “Slaan my, asseblief.” Die Here het gesê hy moet dit sê. Maar sy vriend wou hom nie slaan nie, hy het dit nie gedoen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Man by een van die profeteskole het in opdrag van die Here vir een van sy vriende gesê: “Slaan my totdat die bloed loop.” Sy vriend het geweier.