1 Kings 20:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Bénhadad vir hom: Die stede wat my vader van jou vader afgeneem het, sal ek herstel; en jy moet vir jou strate aanlê in Damaskus soos my vader in Samaria gemaak het. Toe sê Agab: Ek sal jou met hierdie verbond wegstuur. En hy het 'n verbond met hom gesluit en hom weggestuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ben-Hadad sê vir hom: “Ek sal al die dorpe wat my pa van jou pa afgevat het, teruggee. Jy kan ook ’n handelsbuurt in Damaskus inrig soos my pa in Samaria gedoen het.” Agab sê toe: “As jy ’n ooreenkoms met my sluit, sal ek jou vrylaat.” Hulle het toe ’n ooreenkoms aangegaan en hy het Ben-Hadad laat gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En B,nhadad sê vir hom: Die stede wat my vader van u vader afgeneem het, sal ek teruggee, en u kan vir u winkelstrate aanlê in Damaskus soos my vader in Samar¡a aangelê het. En ek, sê Agab, sal u op hierdie verbond laat gaan. Hy het toe 'n verbond met hom gesluit en hom laat gaan. |
| Afrikaans 1983 | Daar het Ben-Hadad vir hom gesê: “Die stede wat my pa van jou pa afgevat het, sal ek teruggee. Jy mag ook vir jou 'n handelsbuurt inrig in Damaskus soos my pa in Samaria gedoen het.” “En ek sal jou laat gaan,” sê koning Agab, “nadat jy 'n verdrag met my gesluit het.” Ben-Hadad het toe 'n verdrag met hom gesluit, en Agab het hom laat gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê Ben-Hadad vir hom: “Die dorpe wat my vader van jou vader afgeneem het, gee ek terug, en jy kan vir jou markte in Damaskus aanlê, soos my vader dit in Samaria gedoen het.” “En ek,” het Agab gesê, “ek sal jou ná 'n ooreenkoms vrylaat.” Hy het toe 'n ooreenkoms met hom gesluit en hom vrygelaat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ben-Hadad het vir Agab gesê: “Agab, ek gee die stede terug wat my pa van jou pa gevat het, en jy kan vir jou plekke in die strate van Damaskus maak om goed te koop en te verkoop, soos my pa in Samaria gedoen het.” Agab het vir Ben-Hadad gesê hy sal hom vry laat weggaan as hy 'n ooreenkoms met hom maak. Ben-Hadad het dit gedoen, en Agab het hom laat gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ben-Hadad het verleë gesê: “Ek sal al die stede teruggee wat my pa van u pa, Omri, geneem het. U kan ook weer in Damaskus kom handel dryf soos wat my pa in Samaria gedoen het. As u my vrylaat, sal ek graag met u ’n ooreenkoms wil sluit voor ek vertrek.” |