1 Kings 20:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne het noukeurig opgemerk of iets van hom sou kom, en hulle het dit gou gevang; en hulle het gesê: Jou broer Benhadad. Toe sê hy: Gaan bring hom. Toe het Benhadad na hom uitgegaan; en hy het hom in die wa laat klim. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die boodskappers het gou na hierdie strooihalm van hoop gegryp, en geantwoord: “Ja, Ben-Hadad ís u broer!” “Gaan haal hom dan,” sê die koning van Israel. Toe Ben-Hadad daar kom, het Agab hom genooi om op sy strydwa te klim. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die manne het hulle dit dadelik toegeëien as 'n gunstige voorteken van sy kant en gesê: B,nhadad is u broer! Daarop sê hy: Gaan haal hom. En B,nhadad het uitgekom na hom, en hy het hom op die wa laat klim. |
| Afrikaans 1983 | Die manne het dit as 'n gunstige teken opgevat en haastig by sy opmerking aangesluit deur te sê: “Ben-Hadad ís u broer.” Agab sê toe: “Gaan haal hom!” Toe Ben-Hadad by hom kom, het Agab hom by hom op die strydwa laat klim. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne het dit as 'n goeie teken gesien en hulle gehaas om dit van sy kant bevestig te kry. Hulle het gesê: “Ja, u broer, Ben-Hadad!” Hy sê toe: “Gaan haal hom!” Ben-Hadad het uitgekom na hom, en Agab het hom op sy strydwa laat klim. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne het gesien Agab is vriendelik, en hulle het dadelik gesê: “Ja, Ben-Hadad is jou broer.” Agab het gesê: “Gaan haal hom.” Toe Ben-Hadad by hom kom, het Agab gesê hy moet by hom op die oorlogkar klim. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ben-Hadad se manne het op die regte oomblik gewag en toe hulle die woordjie “broer” hoor, het hulle gesê: “Ben-Hadad is werklik u broer!” Agab het geantwoord: “Gaan haal hom.” Hulle het Ben-Hadad gaan haal en Agab het hom in sy wa laat klim. |