1 Kings 20:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het toe rouklere om hul heupe gegord en toue om hul hoofde gesit en by die koning van Israel gekom en gesê: U dienaar Benhadad sê: Laat my tog lewe. En hy sê: Lewe hy nog? Hy is my broer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle trek toe rouklere aan en sit toue om hulle koppe. So het hulle na die koning van Israel gegaan en hom gesmeek: “U dienaar Ben-Hadad sê: ‘Laat my asseblief lewe!’” Die koning van Israel antwoord: “Lewe hy nog? Hy is my broer!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hulle rouklere om hul heupe vasgegord en bande om hul hoofde en na die koning van Israel gekom en gesê: U dienaar B,nhadad sê: Laat my tog lewe! En hy antwoord: Lewe hy dan nog? Hy is my broer. |
| Afrikaans 1983 | Hulle trek toe rouklere aan en bind toue om hulle koppe en lewer hulleself uit aan die koning van Israel. “Ben-Hadad onderwerp hom aan u,” sê hulle, “en hy vra dat u sy lewe moet spaar.” Toe sê Agab: “Lewe hy nog? Hy is my broer!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het toe rouklere om hulle heupe gebind en toue om hulle koppe, en uitgegaan na die koning van Israel. Hulle het gesê: “U dienaar Ben-Hadad sê, ‘Spaar asseblief my lewe!’ ” Die koning het gevra: “Leef hy dan nog? Hy is my broer! ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle trek toe rouklere aan en hulle bind toue om hulle koppe en hulle gaan na die koning van Israel toe en hulle sê vir hom: “Jou slaaf Ben-Hadad vra: ‘Jy moet my asseblief nie doodmaak nie.’ ” En toe vra Agab: “Lewe Ben-Hadad nog? Hy is my broer!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het toe ’n rousak om die heupe vasgemaak, toue om die nek gedraai en so is hulle na Agab toe. Hulle het vir hom gesê: “U Majesteit, u dienskneg Ben-Hadad smeek dat u sy lewe sal spaar.” “Leef hy dan nog? Hy is vir my soos ’n broer,” het Agab geantwoord. |