1 Kings 20:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy dienaars sê vir hom: Kyk tog, ons het gehoor dat die konings van die huis van Israel barmhartige konings is; laat ons tog rouklere om ons heupe en toue om ons hoofde trek en uitgaan na die koning van Israel: miskien sal hy jou lewe red. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ben-Hadad se offisiere sê toe vir hom: “Ons het gehoor die konings van Israel is baie genadig. Kom ons trek rouklere aan en maak toue om ons koppe vas. Dan gee ons ons oor aan die koning van Israel. Miskien sal hy u lewe spaar.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê sy dienaars vir hom: Kyk tog, ons het gehoor dat die konings van die huis van Israel genadige konings is; laat ons tog rouklere om ons heupe bind en bande om ons hoofde en uitgaan na die koning van Israel; moontlik sal hy u in die lewe behou. |
| Afrikaans 1983 | Sy soldate sê toe vir hom: “Ons het gehoor die Israelitiese konings is genadig. Kom ons trek rouklere aan en bind toue om ons koppe en gee ons oor aan die koning van Israel. Miskien spaar hy u lewe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy amptenare sê toe vir hom: “Kyk, ons het gehoor dat die konings van die huis van Israel welwillende konings is. Kom ons bind rouklere om ons heupe en toue om ons koppe en gaan uit na die koning van Israel. Miskien spaar hy u lewe.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy offisiere het vir hom gesê: “Luister asseblief, ons het gehoor dat die konings van Israel genadig is. Ons moet rouklere aantrek en toue om ons koppe bind en ons moet na die koning van Israel toe gaan. Miskien sal hy jou nie doodmaak nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na ’n ruk het Ben-Hadad se amptenare vir hom gesê: “Meneer, so kan dit nie aanhou nie. Gee oor. Ons het gehoor die koning van Israel is ’n genadige mens. Dalk sal hy ons lewe spaar. Kom ons maak swart rousakke om ons heupe vas en draai toue om ons nek. Dan stap ons oor na die koning van Israel toe.” |