1 Kings 20:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die ander het gevlug na Afek, die stad in; en daar het 'n muur geval op sewe en twintig duisend van die manne wat oorgebly het. En Bénhadad het gevlug en in die stad gekom, in 'n binnekamer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die res het na die stad Afek gevlug. Toe val die muur om op 27 000 man. Ben-Hadad het die stad in gevlug en van huis tot huis weggekruip. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die wat oor was, het na Afek, na die stad gevlug, en die muur het op die sewe en twintig duisend man geval wat oor was. B,nhadad, wat ook die stad ingegaan het, het van kamer tot kamer gevlug. |
| Afrikaans 1983 | Die res het die stad Afek in gevlug en die stadsmuur het op hulle omgeval. Hulle was sewe en twintig duisend man. Ben-Hadad het ook die stad in gevlug en daar van kamer tot kamer weggekruip. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dié wat oor was, het na Afek gevlug, na die stad; maar die stadsmuur het op die sewe-en-twintigduisend wat oor was, ingeval. Ben-Hadad het ook gevlug en in die stad ingegaan, van een binnekamer na die ander. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Arameërs wat oorgebly het, het in die stad Afeka in gevlug, maar toe het die muur van die stad omgeval op die 27 000 manne wat oorgebly het. Ben-Hadad het in die stad van die een kamer na die ander kamer gevlug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die Arameërs besef hulle gaan die oorlog verloor, het hulle na Afek toe gevlug. Daar het ’n groot muur op hulle omgeval en ’n verdere 27 000 soldate gedood. Ben-Hadad was ook in Afek en het in groot angs van kamer tot kamer gevlug. |