1 Kings 20:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou silwer en jou goud is myne; ook jou vroue en jou kinders, selfs die mooiste, is myne. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en vir hom laat weet: “Ben-Hadad sê: ‘Jou silwer en goud behoort aan my, ook die mooiste van jou vroue en kinders.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | en hom laat weet: So sê B,nhadad: U silwer en u goud, dit is myne; en u mooiste vroue en kinders, hulle is myne. |
| Afrikaans 1983 | en vir hom laat weet: “So sê Ben-Hadad: Jou silwer en goud is myne. Jou mooiste vrouens en kinders is myne.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir hom laat weet: “So sê Ben-Hadad, ‘Jou silwer en jou goud behoort aan my, en jou vroue en die keur van jou seuns behoort aan my.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | om vir hom te sê: “Ben-Hadad sê: Jou silwer en jou goud is myne, en jou vroue en jou beste seuns is ook myne.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Gee my al jou goud en silwer asook jou mooiste vroue en kinders,” het Ben-Hadad beveel. |