1 Kings 20:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die een teenoor die ander sewe dae lank opgeslaan. En op die sewende dag het die geveg gekom, en die kinders van Israel het van die Arameërs honderd duisend voetgangers op een dag verslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die twee leërs het sewe dae lank so teenoor mekaar opgestel gestaan. Op die sewende dag het die geveg uitgebreek. Die Israeliete het 100 000 Aramese voetsoldate op een dag doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 En hulle was sewe dae lank teenoor mekaar gelaer; maar op die sewende dag het die geveg begin, en die kinders van Israel het van die Arameërs honderd duisend voetgangers op een dag verslaan.
Afrikaans 1983 Sewe dae lank het die leërs so teenoor mekaar gelê. Op die sewende dag het die geveg losgebreek, en die Israeliete het honderd duisend voetsoldate van die Arameërs op dié een dag verslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sewe dae lank het hulle so teenoor mekaar in kampe gestaan, en op die sewende dag het die oorlog uitgebreek. Die Israeliete het die Arameërs verslaan – honderdduisend voetsoldate op een dag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die twee groepe soldate het sewe dae lank oorkant mekaar in hulle tente gebly. Op die sewende dag het die oorlog begin, en die Israeliete het op een dag 100 000 Arameërs doodgemaak. Dit was voetsoldate.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sewe dae lank het die twee magte net vir mekaar gelê en loer. Niks het gebeur nie, maar op die sewende dag het die groot geveg toe begin. Israel het vinnig toegeslaan en op die een dag 100 000 Aramese soldate doodgemaak.