1 Kings 20:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het 'n man van God gekom en met die koning van Israel gespreek en gesê: So spreek die HERE: Omdat die Arameërs gesê het: Die HERE is die God van die heuwels, maar Hy is nie die God van die valleie nie, daarom sal Ek gee al hierdie groot menigte in jou hand, en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man van God het weer na die koning van Israel gegaan en gesê: “Dit is wat die Here sê: ‘Die Arameërs het gesê die Here is ’n berggod en nie ’n god van die vlaktes nie. Daarom gee Ek hierdie groot leër oor in julle mag. Dan sal julle erken dat Ek die Here is.’”
Afrikaans 1933/1953 Toe kom die man van God nader en sê aan die koning van Israel: So spreek die HERE: Omdat die Arameërs gesê het: Die HERE is 'n god van die berge, en Hy is nie 'n god van die laagtes nie -- daarom sal Ek hierdie hele groot menigte in jou hand gee, dat julle kan weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 Die man van God het by die koning van Israel gekom en gesê: “So sê die Here: Omdat die Arameërs gesê het: ‘Die Here is 'n berggod, Hy is nie 'n god van die vlaktes nie,’ gaan Ek hierdie hele groot menigte in jou mag oorgee. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man van God het egter na vore getree en vir die koning van Israel gesê: “So sê die Here, ‘Omdat die Arameërs gesê het “Die Here is 'n berggod; hy is nie 'n god van die valleie nie”, gee Ek hierdie hele groot menigte in jou hand, sodat julle kan weet dat Ek die Here is.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe kom 'n man van God by die koning van Israel en hy sê vir hom: “Die Here sê: Die Arameërs het gesê dat Ek 'n berg-god is, nie 'n god van gelyk plekke nie. Daarom sal Ek jou laat wen teen hierdie baie soldate, en jy sal weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Profeet het vir Agab gaan sê: “Luister mooi wat die Here vir u sê: ‘Die Arameërs sê mos dat Ek ’n berggod is en nie ’n god wat op die vlaktes iets kan doen nie. Daarom gee ek vandag hierdie rumoerige spul Arameërs in jou hand. Jy sal vandag weer besef dat Ek werklik die Here is.’”