1 Kings 20:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Israel is getel, en hulle was almal teenwoordig en het teen hulle opgetrek; maar die Arameërs het die land gevul.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel het hulle leër opgeroep en goed voorbereid teen die vyand opgetrek. Die Israeliete het teenoor die Arameërs kamp opgeslaan. Hulle het egter soos twee troppe bokke gelyk in vergelyking met die groot Aramese mag wat oor die vlakte verspreid was.
Afrikaans 1933/1953 Die kinders van Israel is ook gemonster en van lewensmiddele voorsien, en het hulle tegemoetgetrek; en die kinders van Israel het teenoor hulle laer opgeslaan soos twee klompies bokke, terwyl die land vol Arameërs was.
Afrikaans 1983 Die Israeliete was goed toegerus en het die Arameërs tegemoet getrek. Die Israeliete het teenoor die Arameërs kamp opgeslaan. Hulle was soos twee troppe bokke, en die wêreld was vol Arameërs.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Israeliete was reeds gemonster en van voedsel voorsien. Hulle het vertrek om teen hulle te staan te kom. Die Israeliete het teenoor hulle kamp opgeslaan, maar was soos twee troppies bokke, terwyl die Arameërs die land vol was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het ook gereedgemaak en hulle het genoeg kos saamgeneem. Hulle het gegaan om die Arameërs te ontmoet. Die Israeliete het hulle tente opgeslaan oorkant die Arameërs se tente. Die tente was soos twee troppe bokke. Die Arameërs was oral in die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leër van Israel het bymekaargekom en hulle vir die slag voorberei. Hulle het na Afek toe getrek en daar in twee groepe verdeel. Elke groep het teenoor die Arameërs stelling ingeneem. Hulle was klein teenoor die magtige Aramese leër en het soos twee klein troppe bokke gelyk.