1 Kings 20:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En tel vir jou 'n leër, soos die leër wat jy verloor het, perd vir perd en strydwa vir strydwa; en ons sal teen hulle veg in die vlakte, en ons sal sekerlik sterker as hulle wees. En hy het na hulle stem geluister en so gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011 U moet self weer ’n leër op die been kry soos die een wat verslaan is. Laat daar net soveel perderuiters, strydwaens en manne wees soos voorheen. Dan pak ons hulle op die vlaktes. Daar is geen twyfel dat ons hulle dan sal verslaan nie.” Koning Ben-Hadad het toe gemaak soos hulle voorgestel het.
Afrikaans 1933/1953 En werf self vir u 'n leër soos die leër wat u verloor het, en perde soos die perde, en strydwaens soos die waens; en laat ons teen hulle in die vlakte veg; dan sal ons sekerlik sterker wees as hulle. En hy het na hulle geluister en so gedoen.
Afrikaans 1983 Bring vir u self 'n leër op die been, net so sterk soos dié een wat verslaan is, met ruitery soos daardie en 'n strydwamag soos daardie. Dan pak ons hulle in die vlakte, en ons sal sterker wees as hulle.” Ben-Hadad het na hulle raad geluister en so gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U kan dan self vir u 'n leër saamstel soos die leër wat vir u in die steek gelaat het, ook perde soos daardie perde, en strydwaens soos daardie strydwaens. Laat ons dan teen hulle veg op die vlakte; ons sal beslis sterker wees as hulle.” Hy het na hulle geluister en so gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet self weer manne kies in die plek van jou manne wat gesterf het en jy moet perde en oorlogkarre kry soos jy gehad het. Ons moet op gelyk grond oorlog maak teen hulle, dan sal ons sterker wees as hulle.” Ben-Hadad het na hulle geluister en hy het dit gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bou vir u ’n groot weermag op. Kry net soveel soldate, perde en waens as wat u in die slag teen Israel verloor het. Laat ons dan op die vlaktes gaan veg sodat ons kan wen.” Koning Ben-Hadad het na hulle geluister.