1 Kings 20:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die dienaars van die koning van Aram vir hom: Hulle gode is gode van die heuwels; daarom was hulle sterker as ons; maar laat ons teen hulle veg in die vlakte, dan sal ons sekerlik sterker wees as hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Ben-Hadad se raadgewers vir hom gesê: “Die gode van die Israeliete is berggode. Dis hoekom hulle gewen het. Maar as ons die oorlog op die vlaktes voer, sal ons hulle verslaan.
Afrikaans 1933/1953 Want die dienaars van die koning van Aram het vir hom gesê: Hulle gode is berggode; daarom was hulle vir ons te sterk; maar as ons met hulle op die vlakte veg, sal ons sekerlik sterker wees as hulle.
Afrikaans 1983 Die raadgewers van die koning van Aram het intussen vir hom gesê: “Hulle gode is berggode en daarom was hulle sterker as ons. Ons moet hulle in die vlakte pak. Dan sal ons sterker wees as hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die amptenare van die koning van Aram het vir hom gesê: “Hulle gode is berggode, daarom was hulle te sterk vir ons. Maar as ons op die vlakte teen hulle veg, sal ons beslis sterker wees as hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die offisiere van Ben-Hadad, die koning van Aram, het vir hom gesê: “Die gode van die Israeliete is berg-gode, daarom was hulle te sterk vir ons. Dit sal beter wees as ons op gelyk grond oorlog maak teen hulle, dan sal ons sterker wees as hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Ben-Hadad se manne het hom ook raad gegee: “Ons moet liewer in die vlaktes veg,” het hulle gesê. “Israel het gewen omdat hulle ’n berggod aanbid. As ons op die vlaktes veg, sal dit baie beter gaan.