1 Kings 20:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning van Israel het uitgegaan en die perde en strydwaens verslaan en die Arameërs met 'n groot slagting verslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning van Israel het uit die stad gekom en die perderuiters en strydwamagte verslaan. Die Arameërs is in groot getalle afgemaai. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning van Israel het uitgetrek en perde en strydwaens verslaan, sodat hy 'n groot slag onder die Arameërs geslaan het. |
| Afrikaans 1983 | Die koning van Israel het uit sy stad gekom en die ruitery en die strydwamag verslaan. So het hy vir Aram 'n groot slag toegedien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning van Israel het uitgetrek en die perde en strydwaens aangeval. Hy het Aram 'n groot nederlaag toegedien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Israel het uit die stad gegaan en hy het die oorlog gewen teen Ben-Hadad se manne op die perde en op die oorlogkarre. Hy het ver gewen teen die Arameërs. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Alles was gou verby. Toe Agab by die gevegsterrein aankom, het hy ’n groot klomp perde en waens van die vyand gevat. So het Agab op dié dag ’n oorwinning oor die Arameërs behaal. |