1 Kings 20:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die jongmanne van die vorste van die provinsies het eerste uitgetrek; en Bénhadad het uitgestuur, en hulle het hom meegedeel en gesê: Daar het manne uit Samaría gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het die jong soldate van die distrikshoofde aan die voorpunt uit die stad opgeruk. Soos hulle naderkom, is Ben-Hadad ingelig: “Daar kom troepe uit Samaria.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die jongmanne van die owerstes van die provinsies het eerste uitgetrek. Maar B,nhadad het uitgestuur, en hulle het hom berig gebring en gesê: Uit Samar¡a het manne uitgetrek. |
| Afrikaans 1983 | Die jong soldate van die distrikshoofde het aan die voorpunt opgeruk, en daar is vir Ben-Hadad gesê: “Daar kom manskappe uit Samaria uit.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die bevelvoerders van die provinsies se jong manne het op die voorpunt uitgetrek. Ben-Hadad het skildwagte uitgeplaas en hulle lig hom toe in: “Daar het manne uit Samaria uitgetrek.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die jongmanne van die distrikshoofde het eerste gegaan. Ben-Hadad het manne gestuur om uit te vind wat gebeur, en sy manne het vir hom kom sê: “Daar het manne uit Samaria gekom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Eers het die jong soldate uit Samaria getrek en die voorste gevegslinie gevorm. Dit was toe dat Ben-Hadad se verkenners onraad bemerk en vir hom gaan sê: “’n Groep soldate het uit Samaria getrek en hulle is op pad na ons toe.” |