1 Kings 20:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die jongmanne van die owerstes van die provinsies getel, en hulle was twee honderd twee en dertig; en ná hulle het hy die hele volk getel, al die kinders van Israel, sewe duisend. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Agab het toe die jong soldate van die distrikshoofde opgestel. Daar was 232 van hulle. Hy het ook die res van sy leër van 7 000 man agter hulle opgestel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe tel hy die jongmanne van die owerstes van die provinsies, en hulle was twee honderd twee en dertig; en nhulle tel hy al die manskappe, al die kinders van Israel: sewe duisend. |
| Afrikaans 1983 | Toe ontplooi Agab die distrikshoofde se jong soldate, twee honderd twee en dertig. Agter hulle het hy die leër, al die Israeliete, ontplooi, sewe duisend man. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agab monster toe die bevelvoerders van die provinsies se jong manne. Hulle was tweehonderd twee-en-dertig. En agter hulle stel hy die hele leër op, al die Israeliete, seweduisend van hulle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Agab het die jongmanne van die distrikshoofde laat tel en laat gereedstaan. Hulle was 232 manne. Daarna het hy al die manne van Israel laat tel en laat gereedstaan. Hulle was 7 000 manne. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agab het toe eers die 232 jong soldate van die streekshoofde opgeroep en daarna ’n volksleër van 7 000 man saamgestel. |