1 Kings 20:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Agab sê: Deur wie? En hy sê: So spreek die HERE: Deur die jongmanne van die owerstes van die provinsies. Toe sê hy: Wie sal die geveg beveel? En hy antwoord: U! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Agab vra toe: “Hoe sal die Here dit doen?” Die profeet het geantwoord: “Dit is wat die Here sê: ‘Deur die jong soldate van die distrikshoofde.’” “Wie moet eerste aanval?” vra Agab. “U moet,” antwoord die profeet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Agab sê: Deur wie? En hy antwoord: So spreek die HERE: Deur die jongmanne van die owerstes van die provinsies. En hy sê: Wie moet die geveg begin? En hy antwoord: U. |
| Afrikaans 1983 | Agab vra toe: “Deur wie gaan die Here dit doen?” en die profeet sê: “So sê die Here: Deur die jong soldate van die distrikshoofde.” Agab vra toe: “Wie moet die geveg aanknoop?” en die profeet antwoord: “U.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agab vra toe: “Deur wie?” Daarop antwoord hy: “So sê die Here, ‘Deur die bestuurders van die provinsies se jong manne.’ ” Toe vra hy: “Wie moet die stryd aanknoop?” En hy antwoord: “U moet.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe vra Agab: “Met wie sal die Here dit doen?” En die profeet sê: “Die Here sê: Ek sal dit doen met die jongmanne van die distrikshoofde.” Agab vra toe wie die oorlog moet begin, en die Here antwoord: “Jy.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hoe moet die aanval verloop en wie moet die geveg begin?” het Agab gevra. “Stuur eers die jong soldate van die streekshoofde in,” het die profeet gesê. “Wie moet dan gaan?” het Agab gevra. “Dan volg u met die groot leërmag,” het die profeet gesê. |