1 Kings 20:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, daar het 'n profeet na Agab, die koning van Israel, gekom en gesê: So spreek die HERE: Het jy hierdie hele groot menigte gesien? kyk, Ek gee dit vandag in jou hand; en jy sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Profeet het na koning Agab toe gekom en vir hom gesê: “Dit is die boodskap van die Here: ‘Sien jy hierdie groot menigte? Ek sal hulle vandag in jou mag oorgee. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.’”
Afrikaans 1933/1953 Opeens kom daar 'n profeet na Agab, die koning van Israel, en sê: So spreek die HERE: Het jy hierdie hele groot menigte gesien? Kyk, Ek gee hulle vandag in jou hand, dat jy kan weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 'n Profeet het egter by koning Agab van Israel gekom en gesê: “So sê die Here: Sien jy daardie groot menigte? Ek gee hulle vandag in jou mag oor. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Juis toe kom 'n sekere profeet by Agab, koning van Israel, aan en sê: “So sê die Here, ‘Sien jy hierdie hele groot menigte? Kyk, Ek gaan hulle vandag in jou hand gee, sodat jy kan weet dat Ek die Here is.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe kom daar 'n profeet by Agab, die koning van Israel. Die profeet het gesê: “Die Here sê: Sien jy hierdie groot klomp mense? Ek sal jou vandag laat wen teen hulle, dan sal jy weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Intussen het ’n profeet na koning Agab toe gekom en gesê: “Meneer, die Here sê u hoef nie bang te wees vir die rumoerige skare daaronder nie. Hy sal u vandag laat wen en u sal besef dat die Here die enigste God is.”