1 Kings 20:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Bénhadad hierdie boodskap hoor, terwyl hy besig was om te drink, hy en die konings in die tente, het hy vir sy dienaars gesê: Stel julle gereed. En hulle het hulle teen die stad opgestel.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Ben-Hadad hierdie antwoord hoor, was hy en die ander konings besig om in die tente te drink. “Maak julle klaar om aan te val,” sê Ben-Hadad vir sy offisiere. Hulle het toe voorberei vir die aanval.
Afrikaans 1933/1953 En toe hy hierdie woord hoor, terwyl hy besig was om te drink, hy en die konings in die tente, sê hy aan sy dienaars: Gooi walle op! En hulle het walle opgegooi teen die stad.
Afrikaans 1983 Toe Ben-Hadad dít hoor, was hy besig om saam met die ander konings in die tente te drink en hy sê vir sy offisiere: “Val aan!” en hulle het klaargemaak vir die aanval op die stad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Ben-Hadad hierdie boodskap hoor waar hy besig was om te drink, hy en die konings in die tydelike skuilings, sê hy vir sy amptenare: “Stel die oorlogstuig op!” Hulle het toe die oorlogstuig opgestel teen die stad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ben-Hadad en die ander konings was besig om te drink in die tente. Toe hy die boodskap van Agab kry, het hy vir sy offisiere gesê: “Julle moet gereedmaak.” Hulle het toe gereedgemaak om die stad aan te val.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl Ben-Hadad en die ander konings nog in hulle tente gelê en drink het, het hy Agab se boodskap gekry. Hy het onmiddellik sy soldate beveel om vir die aanval teen die stad gereed te maak.