1 Kings 20:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning van Israel het geantwoord en gesê: Sê vir hom: Laat hom wat sy tuig omgord nie roem soos hy wat dit uittrek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning van Israel antwoord hom: “Hulle sê: ’n Soldaat wat nog aantrek vir die geveg moenie spog soos een wat alreeds oorwin het nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die koning van Israel het dit geantwoord: Sê vir hom: Die een wat hom vasgord, moet hom nie beroem soos die een wat hom losgord nie. |
| Afrikaans 1983 | Daarop het die koning van Israel opgemerk: “Die spreekwoord lui: Hy wat hom klaarmaak om te veg, moenie roem soos een wat klaar die oorwinning behaal het nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die koning van Israel het daarop gereageer en gesê: “Sê vir hom, ‘Wie hom omgord, moet nie spog soos die een wat al losmaak nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Israel het geantwoord: “Iemand wat 'n oorlog wil begin, moenie spog nie, hy moet wag totdat die oorlog verby is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agab het hom geantwoord: “Luister, Ben-Hadad, hier by ons is daar ’n spreekwoord wat sê dat niemand wat die wapen opneem, moet dink hy het reeds gewen nie.” |