1 Kings 20:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Bénhadad het na hom gestuur en gesê: So doen die gode aan my, en so meer, as die stof van Samaría genoeg sal wees vir handevol vir al die mense wat my volg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ben-Hadad stuur toe die volgende boodskap vir Agab: “Mag die gode onheil oor my bring as daar nog genoeg stof van Samaria oorbly dat ek vir elkeen van my manskappe ’n hand vol kan gee.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop laat B,nhadad hom weet: Mag die gode so aan my doen en so daaraan toedoen -- die puin van Samar¡a is nie genoeg vir die holle hande van al die manskappe wat my voetstappe volg nie! |
| Afrikaans 1983 | en hy het terug laat weet: “Mag my gode my om die lewe bring as ek nie soveel manskappe met my saambring dat die stof van Samaria nie genoeg sal wees om hulle hande mee te vul nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ben-Hadad stuur toe aan hom dié boodskap: “Mag die gode my swaar straf as die stof van Samaria genoeg sal wees vir die bak hande van al die manskappe wat in my spore volg.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ben-Hadad stuur toe weer vir Agab 'n boodskap. Hy het gesê: “Ek bid dat die gode my sal help. Ek sal Samaria so verwoes dat daar net stof sal oorbly, en die stof sal nie genoeg wees vir al die manne saam met my om dit met hulle hande weg te dra nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ben-Hadad was kwaad en het nog ’n boodskap gestuur: “Luister hier, Agab, ek het genoeg soldate dat die stof van Samaria nie genoeg sal wees om hulle hande mee te vul nie. As ek hulle nie bring nie, kan die gode my maar doodmaak.” |