1 Kings 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, jy het by jou Simeï, die seun van Gera, 'n Benjaminiet van Bahurim, wat my met 'n ernstige vloek vervloek het op die dag toe ek na Mahanaim gegaan het; maar hy het afgekom om my te ontmoet by die Jordaan, en ek het vir hom gesweer deur die HERE deur te sê: Ek sal jou nie met die swaard doodmaak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Onthou ook vir Simeï seun van Gera, die man uit Bagurim in Benjamin. Hy het my vreeslik gevloek toe ek na Maganajim toe gevlug het. Toe hy my by my terugkeer by die Jordaanrivier kom ontmoet het, het ek voor die Here onderneem dat ek hom nie met die swaard sou doodmaak nie.
Afrikaans 1933/1953 Verder is daar by jou S¡me‹, die seun van Gera, die Benjaminiet, uit Bahurim; hy naamlik het my gevloek met 'n hewige vloek die dag toe ek na Mahan im gegaan het; en hy het afgekom om my te ontmoet by die Jordaan, sodat ek vir hom by die HERE gesweer en gesê het: Ek sal jou nie met die swaard doodmaak nie.
Afrikaans 1983 “Daar is ook nog Simeï seun van Gera die Benjaminiet, uit Bagurim. Hy het my vreeslik gevloek toe ek die dag na Maganajim toe gegaan het en ons mekaar by die Jordaan teëgekom het. Ek het vir hom voor die Here met 'n eed bevestig dat ek hom nie om die lewe sal bring nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, by jou het jy ook Simeï, seun van Gera, die Benjaminiet uit Bagurim. Hy is die een wat my gruwelik uitgeskel het die dag toe ek na Maganajim gegaan het. Maar hy is ook die een wat afgegaan het om my by die Jordaan te ontmoet, en ek het vir hom by die Here gesweer en gesê, ‘Ek sal jou nie met die swaard doodmaak nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Simeï seun van Gera is ook hier by jou. Simeï is 'n Benjamin-man van die stad Bagurim. Dit is hý wat my beledig het en wat my baie hartseer gemaak het daardie dag toe ek na die stad Maganajim gegaan het. Dit is ook hý wat my later kom ontmoet het by die Jordaan-rivier, en toe het ek vir hom voor die Here belowe dat ek hom nie sal doodmaak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “O ja, daar is nog iemand. Dit is Simeï die seun van Gera. Hy kom van ’n klein dorpie, Bahurin, in die stamgebied van Benjamin. Die einste Simeï het my eendag vreeslik gevloek toe ek op pad Mahanajim toe was. Net duskant die Jordaan het ons mekaar raakgeloop en toe het hy my gevloek. Ek het hom egter in die Naam van die Here beloof om hom nie dood te maak nie.