1 Kings 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Doen dan volgens u wysheid, en laat sy hewige kop nie in vrede na die graf afdaal nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maak met hom soos wat jy goeddink, maar moenie dat hy in vrede sterf net omdat hy oud is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Handel dan na jou wysheid, en sy grys hare moet jy nie met vrede in die doderyk laat neerdaal nie. |
| Afrikaans 1983 | Doen met hom soos jy dit goedvind. Moenie sy lewe spaar net omdat hy oud is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tree dan op volgens jou wysheid. Sy grys hare mag jy nie in vrede na die •doderyk laat afgaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet met hom doen wat jy dink is reg. Hy is 'n ou man, maar jy moenie hom in vrede laat sterf omdat hy oud is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek wil nie vir jou voorsê wat om te doen nie. Daarvoor is jy slim en wys genoeg, maar moenie dat Joab se daad ongestraf bly nie. |