1 Kings 2:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het die koning vir Símeï gesê: Jy ken al die boosheid waaroor jou hart vertroud is, wat jy aan my vader Dawid gedoen het; daarom sal die HERE jou boosheid op jou hoof laat neerkom;
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het verder vir Simeï gesê: “Jy onthou sekerlik al die slegte dinge wat jy teenoor my pa, koning Dawid, gedoen het. Mag die Here jou daarvoor straf.
Afrikaans 1933/1953 Verder sê die koning vir S¡me‹: Jy ken self al die boosheid waar jou hart van weet, wat jy my vader Dawid aangedoen het; daarom laat die HERE jou boosheid op jou eie hoof neerkom.
Afrikaans 1983 Die koning het verder vir Simeï gesê: “Jy weet in jou hart watter leed jy my pa aangedoen het. Mag die Here daardie leed op jou eie kop laat afkom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het ook vir Simeï gesê: “Jy weet self van al die kwaad, waarvan jy diep in jou hart bewus is, wat jy my vader Dawid aangedoen het. Die Here laat al jou boosheid op jou eie kop neerkom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het ook vir Simeï gesê: “Jy weet jy is 'n slegte mens. Jy weet ook wat jy teen my pa Dawid gedoen het. Die Here sal jou nou straf oor wat jy gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy onthou nog al die slegte dinge wat jy vir my pa gesê het. Hiervoor gaan die Here jou vandag straf. Met jou sal dit van nou af net sleg gaan.