1 Kings 2:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning het gestuur en vir Símeï laat roep en vir hom gesê: Het ek jou nie by die HERE laat sweer nie en teen jou geprotesteer en gesê: Weet vir seker op die dag dat jy uitgaan en oral in die buiteland gaan, dat jy sekerlik sal sterwe? en jy het vir my gesê: Die woord wat ek gehoor het, is goed. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy laat roep toe vir Simeï en vra: “Ek het jou tog voor die Here ’n eed laat aflê dat jy nêrens sou gaan nie, want dan sal jy sekerlik sterf. En jy het toe geantwoord: ‘Ek aanvaar die uitspraak. Ek sal maak soos u sê.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop laat die koning S¡me‹roep, en hy sê vir hom: Het ek jou nie by die HERE besweer en jou gewaarsku nie en gesê: Die dag dat jy uitgaan en êrens heen trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe? En jy het aan my gesê: Dit is goed; ek het gehoor. |
| Afrikaans 1983 | het hy hom laat kom en vir hom gesê: “Ek het jou dan 'n eed voor die Here laat aflê en jou gewaarsku: ‘Die dag as jy hier uitgaan, dit maak nie saak waarheen nie, is jy dood; dit moet jy beslis weet.’ Jy het nog vir my gesê: ‘Dit is goed so. Ek het gehoor.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning het Simeï ontbied. Hy sê toe vir hom: “Het ek jou nie by die Here laat sweer en jou gewaarsku, ‘Die dag wanneer jy uitgaan en êrens heen vertrek, moet jy doodseker daarvan wees dat jy beslis sal sterf’ nie? Jy het nog vir my gesê, ‘Die voorwaarde is goed, ek sal luister.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy laat toe vir Simeï roep en hy sê vir Simeï: “Kan jy onthou dat ek jou voor die Here laat belowe het en dat ek jou gewaarsku het? Ek het gesê wanneer jy uit die stad na 'n ander plek gaan, dan moet jy weet jy sal sterf, dit is seker. En jy het vir my gesê dit is goed, jy verstaan dit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy het my voor die Here beloof dat jy Jerusalem nooit sal verlaat nie. Ek het jou gewaarsku as dit gebeur, gaan jy met jou lewe betaal. Het jy nie destyds ingestem en gesê dat jy my bevel sal gehoorsaam nie? |