1 Kings 2:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal hulle bloed op die hoof van Joab en op die hoof van sy nageslag terugkeer tot in ewigheid; maar oor Dawid en oor sy nageslag en oor sy huis en op sy troon sal daar vir ewig vrede wees van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Mag die skuld vir hierdie moorde vir altyd op Joab en sy nageslag rus, maar mag die Here vir altyd vrede gee aan Dawid, aan sy nageslag en aan sy troon.”
Afrikaans 1933/1953 en dat hulle bloed op die hoof van Joab en op die hoof van sy nageslag vir ewig kan neerkom, maar Dawid en sy nageslag en sy huis en sy troon vrede kan hê van die HERE tot in ewigheid.
Afrikaans 1983 Laat die skuld vir hulle dood vir altyd op Joab en sy nageslag rus, en mag die Here vir altyd vrede gee aan Dawid en sy nageslag en aan sy hele familie en aan sy troon.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag hulle bloed neerkom op die kop van Joab en op die kop van sy nageslag vir altyd; maar mag daar vir Dawid en sy nageslag, sy huis en sy troon vir altyd voorspoed wees van die kant van die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joab en sy nageslag sal vir altyd skuldig wees omdat hulle daardie manne doodgemaak het, maar die Here sal dit goed laat gaan met Dawid en sy nageslag, met sy familie en met sy regering.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joab se nageslag sal vir ewig die gevolge van hierdie verraderlike moord moet dra. Die Here sal egter altyd naby die kinders van Dawid wees wat oor Israel regeer.”