1 Kings 2:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die tyding tot Joab gekom, want Joab het agter Adonia aan gedraai, al het hy nie agter Absalom aan gedraai nie. En Joab het na die tabernakel van die HERE gevlug en die horings van die altaar gegryp.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoewel Joab destyds nie met Absalom saamgewerk het nie, het hy tog die opstand van Adonia gesteun. Toe Joab van Adonia se dood hoor, vlug hy na die heiligdom toe en gryp die horings van die altaar vas.
Afrikaans 1933/1953 Toe die gerug by Joab kom -- want Joab was aan die kant van Adonia, alhoewel hy nie aan die kant van Absalom was nie -- het Joab gevlug na die tent van die HERE en die horings van die altaar vasgehou.
Afrikaans 1983 Joab, wat 'n ondersteuner van Adonia was maar nie destyds vir Absalom gesteun het nie, het hiervan te hore gekom. Hy het na die heiligdom van die Here toe gevlug en daar die horings van die altaar vasgegryp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die berig het Joab bereik, want Joab het hom by Adonia geskaar, alhoewel hy hom nie by Absalom geskaar het nie. Joab vlug toe na die tent van die Here en gryp die horings van die altaar vas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Joab hoor wat gebeur het, het hy na die tent van die Here gevlug en aan die horings van die altaar gaan vashou. Hy wou voorheen nie vir Absalom help om koning te word nie, maar nou wou hy vir Adonia help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Joab hoor wat gebeur het, het hy baie bang geword, want hy het Adonia ondersteun. Destyds was hy aan Dawid se kant teen Absalom, maar nou het hy vir Adonia gekies. In sy angs het Joab na die tent waar die Here teenwoordig was, gevlug en krampagtig aan die hoeke van die altaar vasgeklou.