1 Kings 2:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester Abjatar het die koning gesê: Gaan na Anatot, na jou eie veld; want jy is die dood waardig, maar ek sal jou in hierdie tyd nie doodmaak nie, omdat jy die ark van die HERE HERE voor my vader Dawid gedra het, en omdat jy verdruk was in alles waarin my vader verdruk was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna sê die koning vir Abjatar die priester: “Gaan terug na jou landerye in Anatot! Jy verdien die dood, maar ek sal jou nie nou teregstel nie, want jy het die ark van die oppermagtige Here voor my pa gedra, en jy het baie ontberings saam met hom meegemaak.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En vir Abjatar, die priester, sê die koning: Gaan na Anatot op jou grond, want jy verdien die dood; maar vandag sal ek jou nie doodmaak nie, omdat jy die ark van die Here HERE voor my vader Dawid uit gedra het en omdat jy deelgenoot was van alles wat my vader gely het. |
| Afrikaans 1983 | Vir die priester Abjatar het die koning gesê: “Gaan na jou grond toe by Anatot! Jy moes eintlik ook doodgemaak gewees het, maar ek sal jou nie nou doodmaak nie, omdat jy die ark van die Here voor my pa uit gedra het, en omdat jy soveel saam met hom deurgemaak het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir Abjatar, die priester, het die koning gesê: “Na Anatot moet jy gaan, na jou grond, want jy verdien die dood; maar vandag sal ek jou nie doodmaak nie, omdat jy die ark van die Here, my Heer, voor my vader Dawid gedra het, en omdat jy jou onderwerp het aan al die vernedering wat my vader moes deurmaak. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het vir die priester Abjatar gesê: “Jy moet in Anatot op jou grond gaan bly. Miskien moet ek jou laat doodmaak, maar ek sal dit nie vandag doen nie, want jy het die kis van die Here gedra voor my pa Dawid en jy het saam met hom swaargekry. Die Here is die Here.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo het vir Abjatar laat kom en vir hom gesê: “Eintlik verdien jy die dood, maar ek sal jou toelaat om na jou tuisdorp Anatot terug te gaan. Ek spaar jou omdat jy as priester naby aan die Here was toe jy die ark gedra het en omdat jy my pa in al sy swaarkry bygestaan het.” |