1 Kings 2:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou dan, so waar as die HERE leef, wat my bevestig het en my op die troon van my vader Dawid laat sit het, en wat vir my 'n huis gemaak het, soos Hy beloof het, Adónia sal vandag gedood word.
Afrikaans (NLV) 2011 So seker as die Here leef, Hy wat my stewig op die troon van my pa, Dawid, gevestig het en vir my ’n koningshuis geskep het soos Hy beloof het — net so seker moet Adonia vandag nog tereggestel word!”
Afrikaans 1933/1953 En nou, so waar as die HERE leef wat my bevestig het en my op die troon van my vader Dawid laat sit en vir my 'n huis gestig het volgens sy belofte -- Adonia sal sekerlik vandag gedood word!
Afrikaans 1983 So seker as die Here leef, Hy wat my koning laat word het en my die troon van my pa laat bestyg het, en vir my 'n koningshuis gevestig het soos Hy beloof het, net so seker moet Adonia vandag nog dood!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, so waar as die Here leef, wat my aangestel en my op die troon van my vader Dawid laat sit het, en wat vir my 'n koningshuis voorsien het soos Hy beloof het: Vandag nog word Adonia om die lewe gebring!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het gesê: “So seker soos die Here lewe, die Here wat my koning laat word het, die Here wat my laat sit het op die troon van my pa Dawid en wat my familie die koningsfamilie gemaak het soos Hy belowe het, so seker sal Adonia vandag moet sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het my koningskap voorspoedig gemaak en almal is aan my getrou. Lank gelede al het die Here my pa beloof dat ek en my kinders oor Israel sal regeer. Daarom sal ek vandag nog sorg dat Adonia vir sy opstand teen die koning boet.”