1 Kings 2:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê sy: Ek verlang een klein smeking van jou; Ek bid jou, sê vir my nie nee nie. En die koning sê vir haar: Vra maar, my moeder, want ek sal jou nie nee sê nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek wil een klein gunsie van jou vra,” sê sy. “Ek hoop jy sal my nie weier nie.” “Wat is dit, Ma?” vra hy. “U weet ek sal u niks weier nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê sy: Een klein versoek doen ek aan u; wys my nie af nie. En die koning antwoord haar: Vra, my moeder, want ek sal u nie afwys nie.
Afrikaans 1983 Sy sê: “Ek wil 'n klein gunsie van jou vra. Moet my dit nie weier nie.” “My ma kan maar vra, ek sal nie vir haar nee sê nie,” het hy geantwoord.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy sê toe: “Daar is een klein gunsie wat ek van jou wil vra – moet my dit nie weier nie.” Die koning het vir haar gesê: “Vra gerus, moeder, want ek sal u dit nie weier nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy sê toe: “Ek wil iets vir jou vra, en jy moenie vir my nee sê nie.” Die koning het vir haar gesê: “Ma, jy mag vir my vra, ek sal nie vir jou nee sê nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na ’n ruk het Batseba vir Salomo gesê: “Ek kom met ’n klein versoekie en ek hoop jy sal dit nie weier nie.” “Wat is dit, Ma?” het Salomo gesê. “Ek help mos graag.”