1 Kings 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: U weet dat die koninkryk myne was, en dat die hele Israel hulle aangesig op my gerig het, dat ek sou regeer; maar die koninkryk het omgedraai en my broer s'n geword, want dit was syne van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy antwoord: “Soos u weet, was die koningskap eintlik vir my bedoel, en almal het ook verwag dat ek die volgende koning sou wees. Maar sake het anders verloop en die Here het bepaal dat my broer koning moet wees.
Afrikaans 1933/1953 En hy sê: U weet dat die koningskap myne was en die hele Israel sy aangesig op my gerig het, dat ek koning sou word; maar die koningskap het oorgegaan en my broer s'n geword, want deur die HERE was dit vir hom bestem.
Afrikaans 1983 Hy sê toe: “U weet self dat die koningskap myne sou word, en dat die hele Israel na my opgesien het om te regeer. Maar dit het anders verloop, die Here het dit so bestem dat my broer koning geword het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe: “U weet self dat die koningskap my toekom, en dat die hele Israel se oë op my gerig was om koning te word. Die koningskap het egter oorgegaan na my broer, omdat dit deur die Here vir hom bedoel was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Adonia: “Jy weet dat ek koning sou geword het en dat al die Israeliete dit aanvaar het. Maar die Here het iets anders laat gebeur, my broer het koning geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Adonia het gesê: “U weet tog dat ek eintlik koning moes geword het. Baie mense in Israel het ook so gedink, maar toe het dinge anders verloop. My broer het koning geword, want die Here wou dit so gehad het.