1 Kings 19:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Engel van die HERE het weer vir die tweede keer gekom en hom aangeraak en gesê: Staan op en eet; want die reis is te groot vir jou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die engel het weer gekom, aan hom geskud en gesê: “Staan op en eet weer, anders sal die pad vir jou te lank wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die engel van die HERE het weer vir die tweede maal gekom en hom aangeraak en gesê: Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel. |
| Afrikaans 1983 | Die engel het 'n tweede keer aan hom geskud en gesê: “Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die •engel van die Here het 'n tweede keer teruggekom, hom aangeraak en gesê: “Staan op, eet! Want die reis gaan vir jou te veeleisend wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe raak die engel weer aan hom en hy sê: “Jy moet opstaan en eet. As jy dit nie doen nie, dan sal jy nie die hele pad kan loop nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die engel het hom weer wakker gemaak. “Staan op en eet, want jy moet nog ’n ver ent stap. As jy nie nou eet nie, gaan die pad te lank word.” |