1 Kings 19:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het van hom teruggekeer en 'n paar osse geneem en hulle geslag en hulle vleis met die gereedskap van die osse gekook en aan die volk gegee, en hulle het geëet. Toe staan hy op en gaan agter Elia aan en bedien hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Elisa het toe teruggegaan en twee osse geslag. Hy het die jukke opgekap vir brandhout en die vleis gebraai. Hy het die vleis gegee aan die ander wat saam met hom geploeg het en hulle het geëet. Daarna het hy saam met Elia gegaan en sy volgeling geword.
Afrikaans 1933/1953 Hy draai toe agter hom om en neem die paar osse en slag dit; en met die osse se trekgoed het hy hulle vleis gekook en aan die mense gegee, en hulle het geëet; daarna het hy hom klaargemaak en El¡a gevolg en hom gedien.
Afrikaans 1983 Toe draai Elisa om en gaan slag twee osse, en met die juk het hy die vleis gebraai en vir sy werksmense gegee om te eet. Daarna het hy saam met Elia gegaan en sy volgeling geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy draai toe om agter hom, neem een paar osse, slag hulle en maak die vleis gaar met die osse se trekgoed. Hy gee dit toe vir die mense, en hulle het dit geëet. Toe maak hy gereed en volg Elia. Hy het sy helper geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elisa het teruggegaan. Hy het twee beeste geneem en hy het hulle geslag. Hy het die vleis gaargemaak met die hout van die jukke. Hy het die vleis vir sy mense gegee, en toe hulle klaar geëet het, het hy gereedgemaak en saam met Elia gegaan. Elisa het Elia se helper geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Elisa terugkom, het hy al die osse doodgemaak en ’n groot vuur gemaak. Hy het al die vleis gebraai en dit toe vir die werkers en hulle gesinne gegee. Na die groot afskeidsete is Elisa saam met Elia daar weg. So het Elisa Elia se helper geword.