1 Kings 19:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe stuur Isébel 'n boodskapper na Elia om te sê: Laat die gode so aan my doen, en nog meer, as ek nie môre omtrent hierdie tyd jou lewe maak soos die lewe van een van hulle nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe stuur Isebel vir Elia ’n boodskap: “Mag die gode my met die dood straf as ek nie teen môre hierdie tyd jou lewe neem soos jy met die profete gemaak het nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop stuur Is,bel 'n boodskapper na El¡a om te sê: Mag die gode so doen en so daaraan toedoen -- sekerlik sal ek môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Isebel 'n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te sê: “Mag die gode my om die lewe bring as ek nie môre teen hierdie tyd met jou gemaak het soos jy met die profete nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | stuur Isebel 'n boodskapper na Elia om vir hom te sê: “Mag die gode my swaar straf as ek nie môre teen hierdie tyd jou lewe maak soos die lewe van een van hulle nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe stuur Isebel vir Elia 'n boodskap en sê: “Ek bid dat die gode my sal help sodat ek môre hierdie selfde tyd met jou sal gedoen het wat jy met die profete van Baäl gedoen het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Isebel was woedend. Sy het toe vir Elia ’n boodskap gestuur: “As ek jou nie binne 24 uur doodmaak soos jy die Baälprofete doodgemaak het nie, moet die gode my maar laat sterf.” |