1 Kings 19:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jehu, die seun van Nimsi, moet jy salf as koning oor Israel; en Elísa, die seun van Safat, van Abelmehóla, moet jy in jou kamer as profeet salf.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan moet jy Jehu seun van Nimsi salf tot koning oor Israel. Jy moet ook Elisa seun van Safat uit Abel-Megola salf om jou as my profeet op te volg.
Afrikaans 1933/1953 En Jehu, die seun van Nimsi, moet jy salf as koning oor Israel; en El¡sa, die seun van Safat, uit Abel-Mehola, moet jy salf as profeet in jou plek.
Afrikaans 1983 Jy moet ook vir Jehu seun van Nimsi salf tot koning van Israel, en vir Elisa seun van Safat uit Abel-Megola moet jy salf tot profeet om jou op te volg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jehu, seun van Nimsi, moet jy salf as koning oor Israel, en Elisa, seun van Safat, uit Abel-Megola, moet jy salf as profeet in jou plek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy moet vir Jehu seun van Nimsi salf om koning te wees van Israel. En jy moet vir Elisa seun van Safat van die stad Abel-Megola salf om profeet te wees in jou plek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder moet jy na Jehu, die seun van Nimsi, gaan soek en hom met olie salf as teken dat hy die nuwe koning van Israel sal wees. Dan moet jy na Elisa seun van Safat uit Abel-Megola toe gaan. Hy is jou opvolger en jy moet hom ook salf as teken dat hy by jou gaan oorneem.