1 Kings 19:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het vir hom gesê: Gaan, keer terug na die woestyn van Damaskus; en as jy kom, salf Hásael as koning oor Aram. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê die Here vir hom: “Draai net hier om en gaan na die woestyn van Damaskus. Wanneer jy daar aankom, moet jy Gasael salf tot koning van Aram. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die HERE sê vir hom: Gaan terug op jou pad na die woestyn van Damaskus, en gaan heen en salf H sael as koning oor Aram. |
| Afrikaans 1983 | Maar die Here sê vir hom: “Draai in jou spore om na die Damaskuswoestyn toe, en as jy daar aangekom het, moet jy vir Gasael salf tot koning van Aram. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die Here vir hom: “Gaan terug op jou pad deur die woestyn, na Damaskus. Wanneer jy daar aankom, moet jy Gasael as koning salf oor Aram. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê die Here vir hom: “Gaan terug op dieselfde pad. Jy moet gaan tot in die woestyn van Damaskus, en wanneer jy daar kom, dan moet jy vir Gasael salf om koning te wees van die Arameërs. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Gaan terug,” het die Here vir Elia gesê. “Op pad moet jy deur die woestyn tot by Damaskus gaan en daar moet jy vir Gasael as die nuwe koning van Aram aanwys. |