1 Kings 18:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl Obádja op die pad was, kyk, Elia ontmoet hom; en hy het hom herken en op sy aangesig geval en gesê: Is jy my heer Elía? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Obadja was nog op pad en dáár kom Elia hom tegemoet! Obadja het hom dadelik herken en voor hom neergebuig. “Is dit dan nie my heer Elia nie?” vra hy. |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl Ob dja op pad was, kom El¡a hom meteens tegemoet; en toe hy hom herken, val hy op sy aangesig en vra: Is dit u, my heer El¡a? |
| Afrikaans 1983 | Terwyl Obadja onderweg was, kom Elia hom meteens tegemoet. Obadja het hom herken en voor hom op sy knieë geval en gesê: “Maar u is mos Elia!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl Obadja op pad was, kom Elia hom onverwags teë. Obadja het hom herken en neergeval met sy gesig teen die grond. Hy sê toe: “Is dit werklik u, my heer Elia?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Obadja kry toe vir Elia op die pad, en hy het gesien wie dit is. Hy het gebuig en met sy gesig teen die grond gaan lê en gevra: “Meneer Elia, is dit jy?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl Obadja nog so ry, sien hy skielik ’n man in die verte. Toe hy naby kom, het hy die man herken, voor hom op sy knieë neergeval en gesê: “Meneer Elia, is dit werklik u?” |