1 Kings 18:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hand van die HERE was op Elía; en hy het sy lendene omgord en voor Agab gehardloop tot by die ingang van Jísreël.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het Elia krag gegee. Hy het sy gordel vasgemaak en toe voor Agab se wa uit gehardloop tot by Jisreël.
Afrikaans 1933/1953 maar die hand van die HERE was oor El¡a, sodat hy sy heupe omgord en voor Agab uit geloop het in die rigting na J¡sreël.
Afrikaans 1983 Die mag van die Here het vir Elia in besit geneem, en hy het sy mantel opgebind en voor Agab se wa uit gehardloop tot waar die pad uitdraai na Jisreël toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hand van die Here het van Elia besit geneem. Hy het sy kleed opgebind en voor Agab uit gehardloop tot by Jisreël.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here het vir Elia sterk gemaak. Elia het sy klere vasgebind en hy het voor Agab gehardloop tot by Jisreël.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het Elia wonderlike krag gegee sodat hy sy lang kleed om sy heupe vasgebind het en tot by die afdraaipad na Jisreël toe voor Agab se wa uit gehardloop het.