1 Kings 18:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die sewende keer het hy gesê: Kyk, daar kom 'n wolkie uit die see op soos 'n man se hand. En hy sê: Trek op en sê vir Agab: Maak jou strydwa gereed en klim af, dat die reën jou nie keer nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die sewende keer kom sê die dienaar: “Ek sien ’n klein wolkie so groot soos ’n man se hand wat uit die see opkom.” Toe sê Elia: “Maak gou! Gaan sê vir Agab: ‘Span jou wa in en gaan af na jou huis toe anders sal die reën jou vaskeer!’”
Afrikaans 1933/1953 En die sewende maal roep hy: Daar gaan 'n wolkie soos 'n man se hand op uit die see. Toe sê hy: Gaan op, sê vir Agab: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie.
Afrikaans 1983 Na die sewende keer het hy kom sê: “'n Wolkie so groot soos 'n man se hand kom uit die see uit op.” Elia sê toe: “Gaan sê gou vir Agab: Span in en gaan van die berg af, anders sal die reën jou vaskeer.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die sewende keer sê hy toe: “Daar kom 'n wolkie so klein soos die palm van 'n man se hand uit die see op!” Toe sê Elia: “Gaan! Sê vir Agab, ‘Span in en gaan af, sodat die reën jou nie terughou nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe die jongman dit die sewende maal gedoen het, het hy kom sê: “Daar kom 'n klein wolkie op uit die see, die wolkie is so groot soos 'n man se hand.” Toe sê Elia: “Gaan sê vir Agab hy moet sy perde inspan en afgaan. As hy dit nie doen nie, dan sal die reën hom keer en hy sal nie kan wegkom nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hy die sewende keer weer gaan kyk, het hy iets gesien. “Meneer,” het hy gesê, “ek sien ’n wolkie so groot soos ’n man se hand. Dit kom van die see se kant af.” Elia het vir hom gesê: “Gaan sê gou vir die koning hy moet vinnig huis toe ry anders gaan hy natreën.”