1 Kings 18:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Elía vir hulle: Neem die profete van Baäl; laat nie een van hulle ontsnap nie. En hulle het hulle geneem, en Elía het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elia beveel hulle toe: “Gryp die profete van Baäl. Moenie dat ’n enkele een van hulle wegkom nie!” Die volk het hulle gegryp en Elia het hulle na die Kisonspruit laat afneem. Hy het hulle daar doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar El¡a sê vir hulle: Gryp die profete van Baäl! Laat niemand van hulle vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en El¡a het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag. |
| Afrikaans 1983 | Hierop sê Elia vir hulle: “Gryp die profete van Baäl! Nie een van hulle mag wegkom nie.” Toe die volk hulle gegryp het, het Elia die profete laat afbring na Kisonspruit toe en daar het hy hulle doodgemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elia sê toe vir hulle: “Gryp die profete van Baäl! Niemand van hulle moet wegkom nie!” Hulle het hulle gegryp, en Elia het hulle afgeneem na die spruit Kison en hulle daar omgebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elia het vir hulle gesê: “Vang die profete van Baäl, julle moenie dat een van hulle wegkom nie!” Hulle het die profete gevang, en Elia het die profete laat bring na die Kison-rivier. Daar het hy hulle doodgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Elia vir die mense: “Gryp die Baälprofete. Moenie dat een wegkom nie.” Elia het hulle toe na die Kisonrivier geneem en gesorg dat hulle almal doodgemaak word. |