1 Kings 18:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want dit was so, toe Isébel die profete van die HERE uitgeroei het, het Obádja honderd profete geneem en hulle by vyftig in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water gevoed.) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Isebel die profete van die Here doodgemaak het, het Obadja 100 van hulle in grotte versteek, 50 in elke grot. Daar het hy hulle van kos en water voorsien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want toe Is,bel die profete van die HERE uitgeroei het, het Ob dja honderd profete geneem en hulle vyftig by vyftig man in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou. |
| Afrikaans 1983 | Toe Isebel die profete van die Here doodgemaak het, het Obadja honderd geneem en hulle vyftig-vyftig in grotte weggesteek en hulle van kos en water voorsien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Isebel die profete van die Here uitgeroei het, het Obadja 'n honderd profete geneem en hulle weggesteek – vyftig man in 'n grot – en hulle van brood en water voorsien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Isebel die profete van die Here doodgemaak het, het Obadja 100 profete weggesteek in twee grotte, 50 profete in elke grot, en hy het vir hulle kos en water gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | (Toe Isebel op ’n keer die Here se profete wreed vervolg het, het Obadja 100 van hulle versteek. Hy het hulle in twee groepe van 50 elk in spelonke weggesteek en elke dag vir hulle kos en water gestuur.) |